Buite Blink, Binne Stink

Aan die Suid Kaapse kus is daar `n lang geskiedenis van hengel met baie bekende hengel plekke langs die kus af.  Fransmanshoek Bewarea bestuur `n gedeelte van die kuslyn wat van hierdie gewilde hengel areas insluit.
Een van hierdie hengel plekke wat baie bekend is, is ‘Die Saal’.  Die plek is gelee by Fransmanshoek Punt, `n pragtige area.  Dit is gelee aan die ander kant van `n rots wand wat perfekte hengel geleenthede bied, wat direk op die see uitkyk.
‘Die Saal’ is `n geskiedkundige hengel plek.  Vir jare vang mense al daar vis en dus vorm dit deel van die geskiedenis van die area asook Fransmanshoek.


Daar is voordurend koerant berigte in die media oor die Rommel wat aanhoudend gevind word op die kus se strande, alhoewel daar duidelik al vasgestel is dat baie van die rommel afkomstig is vanaf die skepe en ander mediums wat rommel in die see strooi.  Tog is die hengelaars veral op die gewilde hengel plekke baie agterlosig met hul rommel, soos daar in die foto gesien kan word.  Die rommel wat agter gelos word bestaan uit vanaf vislyn, plastiek sake, aasbokse, ou hoeke, bier bottels en vele andere.  Die rommel veroorsaak nie net `n onaangenaamheid vir die volgende hengelaar wat die area gaan gebruik nie, maar `n onaangename reuk en die rommel word deur die wind en rowwe see getye in die see gewaai en gespoel.  Die rommel wat in die see beland het `n dodelike uitwerking op baie van die mariene lewe. Ons, die Fransmanshoek Bewarea se werknemers poog daarin om gereeld so veel as moontlik van die rommel te verwyder.

Alhoewel die hengelaars verantwoordelikheid moet neem om self hul rommel op te tel en nie ‘Die Saal’ vuil te los nie.  By die parkeer area van Fransmanshoek is daar genoegsame asblikke waarin die rommel geplaas kan word.  Daar word ook vullis sake verskaf wat saam met die hengelaar geneem kan word na die hengel punt om die rommel in te plaas.  Indien die hengelaars by die hengel punt kom sal dit grootliks deur almal waardeur word dat hulle nie net hul eie rommel op tel nie, maar die wat rond le ook.

Figuur_2

Figuur 2.  Die Fransmanshoek skiereiland is n natuurskoon area wat instand gehou word deur die Fransmanshoek Bewarea in samewerking met Eden Distrik Munisipaliteit.


Dit verstom ons almal dat daar mense is wat geen repek vir die  natuur het nie, en dit bleik ook dan so dat hul nie respek vir hulself het nie.  Ons lewe in `n baie moderne tyd waar dit as algemene standard gesien word dat jy `n plek los soos dit gevind is.  Fransmanshoek is `n skoon en netjiese area, so ons maak `n oproep na al die vissermane wat van die gerief gebruik maak dat hulle ‘Die Saal’ los soos hulle hom gevind het en al die rommel verwyder.
Ons by die Fransmanshoek Bewarea wil graag die hengelaars net bedank wat die area skoonhou en hul rommel optel asook ander sin.  Ons waardeur dit opreg.
Die area word bewaar nie net vir ons eie genot nie, maar sodat ons nageslag ook die vreugde kan deel wat ons ondervind en ons bedank almal wat saamwerk om dit moontlik te maak.