Latest

Wat gebeur agter die skerms ...

Fransmanshoek Bewarea, in die Vleesbaai omgewing, beslaan nie net een van die mooiste gedeeltes van die Suid Afrikaanse kuslyn nie, maar daar word unieke fauna en flora bewaar asook baie geskiedkundige erfenis wat langs die kus vir jare lank plaasgevind het.


Daar word baie aktiwiteite aangepak by Fransmanshoek.  Die hoof doel van die aktiwiteite is om die ongerepte natuur op die kus af te bewaar en om die mense in die omliggende gebied op te voed oor die belang van die natuur en die bewaring daarvan.  Ook om die mense positief en betrokke te kry by die aktiwiteite wat aangepak word.
Een van die vele aktiwiteite is soos die bestuur van indringer plante in die area.  Indien daar plante in `n area verwyder word, word dit voortdurend gemoniteer deur die personeel van die Bewarea om enige ekologiese verandering te kan waarneem.

 

Die kliphuisie op die Fransmanshoek skiereiland, wat nou gebruik is as ‘n inligting sentrum.
Die kliphuisie op die Fransmanshoek skiereiland, wat nou gebruik is as ‘n inligting sentrum.

Die Bewarea rig ook hul tyd op die versameling van data.  `n Voorbeeld is die Roving Creel data versamelings projek waar `n gedeelte van die kuslyn gepatroleer word en onderhoude gevoer word met die vissermanne op die strand en rotse.  Die data wat versamel word kan help om `n aanduiding te gee van hoe die populasies van die visse op die kuslyn af floreer of besig is om te verdwyn.  


Die Fransmanshoek Bewarea bied ook Omgewings opvoedkundige dae aan waar jonk sowel as oud kan kom en leer van ons wonderlike omgewing wat op ons voorstoep le.
Die kus word ook gereeld gepatroleer en die hengel permitte van die vissermanne word gekontroleer.  Deur die aktiwiteit probeer ons by die Bewarea om te keer dat daar `n oormaat vis gevang word, asook vis wat nie die regte grootte is nie en die onwettige neem van vis sonder `n permit.  Daar word ook patrolies op die strand gedun waar tydens vullis verwyder word vanaf die strand.

Die uitsig van Kleinbos (Lid van die Bewarea) oor Vleesbaai en die Fransmanshoek skiereiland.
Die uitsig van Kleinbos (Lid van die Bewarea) oor Vleesbaai en die Fransmanshoek skiereiland.

Ons doel vir die toekoms is om `n bewaarde gebied te bestuur wat vir ons nageslag agter gelos kan word sodat hulle ook die geluk en plesier van die aarde kan beleef en waardeur.


Indien enige skole of groepe belang stel in omgewings opvoedings dae, kan u gerus vir Roland Scholtz (Hoof Bewarder) kontak op 082 084 2791 of epos aan die ranger.

Written by: Justine Arrow

Buite Blink, Binne Stink

“Pragtige natuurskoon”, “Asemrowend” en “Een van Suid Afrika se mooiste bewaarde gebiede”.  Dis slegs `n paar voorbeelde van hoe Fransmanshoek beskryf word deur die besoekers, maar agter die rotse skuil daar `n donker, versteekte waarheid.

 

Figuur_1

Figuur 1.  Mens kan duidelik sien dat die meeste hengelaars wat ‘Die Saal’ besoek het geen respek vir die omgewing nie.

Winter shore based recreational fishing in Vleesbaai

An investigation into the winter shore-based recreational line-fishery of Visbaai, southern Cape, South Africa, WAYNE MEYER  

In 2000 the South African line-fishery was declared in a state of legal emergency.  A large number of fish species targeted by commercial, subsistence and recreational fishers collectively were in a state of great depletion.  An attempt to measure angler pressure and catch statistics has never been done in Fransmanshoek Conservancy. From May to October 2009 roving creel surveys were conducted over a 9 km coastline in an investigation of the recreational shore-based linefishery. 

Fishing For Tommorrow - Legislation

 

The Marine Living Resources Act/Fund


We hope you have been following the “Fishing for Tomorrow” series of articles relating to fish stocks.  This is the third article of six, so keep an eye out for the next three.  In the first two articles we covered the decline in recreational fish stocks as well as the main types of commercial fisheries in South Africa.  In this article we will take a look at the Marine Living Resources Act (MLRA) and the Marine Living Resources Fund (MLRF).

 

Fishing Boats