History of Fransmanshoek


Le Fortuné – “ Die gelukkige

VANWAAR DIE NAAM

September-Oktober bring ook eentyds se Franse oorlogskip, die Le Fortuné, hier by die skiereiland-punt verby. Dit was in die jaar 1763. Vir baie lang tye op see, gekarnuffel deur storms en voortdurende wateraanslae, het kalveerpluise van dhistoryie skip tussen die boegplanke begin verweer, los geraak, en water oorheersend begin deurlaat. Onverpoosd het die vierhonderd plus bemanningslede, matrose én soldate, geworstel om met twee handpompe tot hul beskikking, van die instromende water ontslae te raak, en sodoende die skip vlot te hou. Maar hul kon nie voorbly nie.

Dit noodsaak die ervare kaptein De Surville om angstig, maar met geoefende oog, die seevlak en wyer gesigsveld intensief te bespied. Met vreugde gewaar hy uiteindelik land. Weliswaar nog ver weg, maar darem in sig. Na ? spanningsvolle tydsverloop kon hy die bevel gee om anker te gooi. Welkome land was nou binne bereik, maar enige plek kon nie sommer net aan land gegaan word nie. Veral nie aan dié ruwe, onbekende kus nie.

 

Mistige weersomstandighede vergemaklik ook nie sy oordeelsvermoë nie. Spookagtig vertoon die stuk-stuk sigbare kranse in die swewende sproei-waas, en Elise verwoord dit so in haar haikoe: Die see trek hom toe onder n grys duvet. Die vis soek skuiling. De Surville pluk egter die vrugte van jarelange seemans-intuisie.

Dit lei hom na n inham waar die sand tussen die rotse opmerk en hy gee opdrag dat n roeiboot die omgewing moet gaan verken. ? Oënskynlik velige landingsplek word bereik en dankbaar volg ander reddingsbote. Nogtans onderskat die seemanne die ongenaakbare rotsrif en een van die bote bly in die slag. Gelukkig sonder enige lewensverlies. Veilig aan wal, maak hul kennis met van die vroeëre inwoners hier rond en bekom n perd, waarmee in ? verbasende korte tyd, Kaap toe en terug gery is. Die tyding wat saam kom is egter nie gunstig nie, want omdat die distansie so ver is, en skepe so skaars is, sien die owerheid nie kans om ? vaartuig beskikbaar te stel nie. Boonop was die onderlinge verhouding tussen tussen die Kaapse owerheid en die Franse regering nie van die beste nie. Opnuut word koppe by mekaar gesit – besigheidskoppe – en word daar besluit om die skeepsvrag van die hand te sit.Plaaslike inwoners versprei gretig die nuus onder mekaar van die verskeidenheid skeepsware wat te koop is. Moontlik nog besonderse artikels.
Dink net, dit kom van vér oor die water. Verbeelding gooi wye draaie. “Waar?” is die algemene vraag. “By die Franse skip wat by Die Hoek gestrand lê,” kom dan die antwoord. En so, algaande, word die vandag landswye-bekende FRANSMANSHOEK se naam gebore: sommerso.

kanons